Eerstens juffrou’tjie baie baie geluk met jou 17de b’day môre, om te dink jy sou eers die 23ste Augustus verjaar het, maar jy het besluit jy het genoeg gehad van wag …. vandag as ek so terug dink, was jy byna nie daar nie, elke keer wat die ginekoloog die swangerskap wou beindig het was jou hart kloppie te sterk! Jy is op 28 weke gebore, het 750 gram geweeg, jy was so bitter bitter klein!! Reg van die begin af n regte klein vegertjie jy het geveg om te bly leef, jy veg vir jou regte, jy veg vir wat jy weet reg is!! Jou broer kan soms hoe harde gat met jou wees, hy het jou net so lief soos ek!! Jy is enige ma se droom meisiekind, ‘n regte klein sonstraal, altyd behulpsaam, altyd daar as ek of jou boetie ‘n skouer soek om op te huil! Ons is weer daar vir jou!! Juffrou’tjie klein sonstraal baie geluk met jou verjaarsdag, en mag die HERE wat jou beskerm het toe jy so bitter klein was altyd in die holte van sy hand hou! Ek het jou baie lief juffrou’tjie.


Vir Koos wat Donderdag verjaar, baie geluk met jou b’day, jy is antiek!!
Mag julle albei julle verjaarsdae geniet. Juffrou’tjie ek is trots op jou omdat jy so goed doen op skool, ek is trots daarop dat JY my kind is!! Jy is so ‘n dierbare wonderlike lieflike kind, dankie vir alles wat jy vir my al gedoen en beteken het. Liefde vir jou vir die dag my “baby” !!

Filed under: Uncategorized
Lekker partytjies hou- hou net die “carbs” dop.
Baie geluk met jou verjaarsdag Jufferou, mag jy altyd so ‘n mooi kind bly en jou Ma trots maak. Hoop dat die jaar wat voorlê net vol vreugde en vrede vir jou wees.
Baie Geluk mag haar dag wonderlik wees!!!
Baie geluk ma die dag vir almal van julle baie spesiaal wees.
Ai ai ai omdat ek eenvoudig net nie meer tyd het om blogs te lees nie, is ek ‘n week laat … maar liewer laat as nooit?
Juff’tjie, ek hoop jy het ‘n wonderlike dag gehad. Alles wat mamma hier bo skrywe moet jy ‘n wonderlike mensie wees. Baie geluk nie-te-min met die herdenking van jou geboorte dag, ek hoop en vertrou die jare voorentoe sal wonderlik wees. Mag onse Vader jou ook seen met goeie gesondheid op jou lewens pad. Ek hoop al die mooi en opregte wense wat jy ontvang het, sal waar word.
Meermin, baie geluk ook aanjou ook!
Hello jy. ek sit by die huis vandag en niks doen…..
Hoop jy werk nie te hard nie….
Hi
Hoe gaan dit? Wat het van jou geword ek hoor niks.
Ina ek is maar hier rond hoor !!!