DRIE GOED WAT JY AS TIENER GRAAG WIL Hê, NIE WAAR NIE?
(Marijke van Tonder)
“Respek, vryheid en verantwoordelikheid, net daardie drie goed. Dit is al,” sê jy vir jou ouers, maar soos gewoonlik ‘moan’ hulle alweer oor ander goed en wel, wat help dit tog om enige iets te sê!!
Jy moet besef dat respek, vryheid en verantwoordelikheid nie net vanself kom nie, maar dat jy daarvoor moet werk! Jy moet ten minste vir jou ouers kan wys dat jy die verantwoordelikheid het om die vryheid nie te misbruik nie, en deur jou ouers te respekteer, sal hulle jou respekteer.
Dit mag dalk vir jou voel asof jou ouers onredelik is, maar moenie in ‘n bondeltjie gaan lê en dink die wêreld is onregverdig nie, en natuurlik dat jy die gemeenste ouers ooit het nie. Nee, bewys hulle verkeerd! Dit is makliker as wat jy dink.
So jy en jou ouers praat nie regtig nie, en as julle wel praat, dan dryf hulle jou teen die mure uit, so jy bly maar in jou kamer waar jy veilig voel. Dit gaan jou nie help om hulle vertroue te wen en vir jou meer vryheid te gee nie.
Neem die eerste stap: maak ‘n lysie van alles waaroor jou ouers kla. Van jou kan nie ‘worry’-houding tot jou kamer wat altyd vuil is en begin om daardie goed reg te maak. Hou jou kamer skoon, “check” praat met jou ouers sonder om ‘n houding te hê en te dink jy weet alles. “check” jy sal sien as jy ‘n stap neem en jou ouers sien jy probeer hard, sal hulle jou meer vertrou. Gee en uit vertroue kom vryheid.
Jy moet ook onthou dat jy nog steeds onder jou ouers se dak bly, dus moet jy hulle reëls volg. Glo my, partymaal (al kan jy dit nie nou insien nie) is daardie reëls nie so erg nie!
Wanneer jou ouers jou toelaat om iewers heen te gaan en jy moet op ‘n seker tyd terug wees, wees terug op tyd! Moenie jou ouers rede gee om jou nie te vertrou nie. Dit is half soos in ‘n besigheid. As jy hard werk, sal jou baas jou vertrou en as jy verantwoordelik is, sal jy ‘promote’ word. So ook as jou ouers sien jy werk hard, begin meer verantwoordelik wees en hulle kan jou meer vertrou, sal hulle ook meer vryheid vir jou gee, wat beteken langer kuier saam met vriende, nie te vroeg by die huis hoef te wees nie en al daardie lekker dinge!
As daar niks is wat jou ouers oor kan ‘moan’ nie, sal hulle nie! So gaan jy die eerste stap neem?
Here, asseblief, gee my geduld, help my om te besef dat my ouers net die beste vir my wil hê in alles wat hulle doen. Here help ook my ouers om my beter te kan verstaan en as ek die eerste stap neem, dit sal raaksien en my wil aanmoedig eerder as om my moedeloos te laat. Ek weet ek moet my ouers eer, asseblief help my om sodoende dit te doen. Amen
Hierdie e-pos van my sussie ontvang en besluit dit is so mooi en so waar omdat ek self sit met ‘n tiener dogter, het ek besluit om dit op my blog te sit!!
Filed under: Uncategorized

