Ek en LEON nooi graag die Parras noord van die Magalies vir ‘n mini-parra paartie op Vrydag 15 Mei om 19:00 by die Castle Walk Inn in Pretoria-Noord. Dit is in die Madeliefie sentrum op die hoek van Daan de Wet Nelrylaan en Bokmakierie str in Pretoria-Noord/Dorandia…naby Gerrit Maritz Hoërskool.
Ander parras is meer as welkom ook maar julle gaan strafdoppe moet drink of vir ons ander koop…ek bedoel doppe. Ons moet min of meer getalle hê teen Woensdag so RSVP (sjoe eerste keer in my lewe wat ek kans kry om daai groot woord te gebruik !!) voor dan sodat ons plek kan bespreek. Die plek is lekker cozy en het seriously nice kos en atmosfeer.
Leon & Meermin
Filed under: Uncategorized
Ek het LEON se mail wat hy vir PK gestuur het gecopy en paste, net my en sy naam bo so bietjie verander!!!
Sien jou mail
Meermin jy sal beslis maar vir my en pollie ook moet bespreek want as daar gepartie word is ons ook daar.
Gmmmf. Dat te veel werk en te min blogs lees veroorsaak dat ek AL WEER die party mis.
CNN ek stel nie belang om hierdie blog te lees nie !!!!
Dis net Me wat weer kak stir. Soos sy telkens doen. Vee julle gatte af aan haar sy soek net aandag.
Jammer ek kon dit nie bywoon. Is daar foddies geneem? Vertel bietjie hoe dit was.
Lekker dag ons gesels voorentoe