Ek wil nie graag oor die kinders se pa skrywe nie, maar laat my toe om die volgende te doen!! Gistermiddag stuur juffrou’tjie vir my ‘n PLEASE CALL ME, ek bel haar, is die kind in trane, haar pa is amper by die huis om hulle te kry, nadat hy gesè het hy sal die kinders eers die aand kom kry, sy was nog besig gewees om van hulle klere te stryk toe hy bel. Volgende minuut hier lui my foon is dit hy, “EK STAAN VOOR JOU F HEKKE” halllllllooooo is sit by die werk, moet ek nou die hekke vir jou kom oopmaak? (Hy is vrek bang vir my boerboel.) Smyt hy die foon in my oor. Fine met my ek het niks vir hom te sè nie, ek antwoord selde as ek sien dit is hy wat my bel. Nie lank daarna lui my foon weer, weer is dit hy, ek antwoord toe maar weer, Angie het iets vergeet by die huis, halllllooo wat moet ek nou doen omtrent dit, hy het after all die kinders gaan aanjaag!
Klaar gepraat oor die vark.
Gistermiddag het ek byna gesmelt van hierdie hitte, ek het nie aircon in my kar nie, met die gevolg dit is MOER warm in die kar, en maak jy die vensters te groot oop, kan van die bliksems wat so langs die paaie allerhande goede verkoop jou handsak of wat ook al gryp. Toe ek by die huis stop was ek rooier as ‘n oor ryp rooi tamatie, water sop nat gesweet. In die huis het ek onder die waaier gaan lè maar eish dit help nie, en die jacuzzi is vol dooie bye, ek klim nie in daai ding met al daai bye nie!! Vergeet dit!! Sit naderhand die aircons aan, maar nie eers dit het my laat afkoel nie. Nadat ek gisteraand in ‘n koel bad gaan lè het het ek so bietjie beter gevoel!
Wou ek toe nou gisteraand op FACEBOOK rondspeel was skaars op die net toe my pc by die huis VRIES! Ek gaan nog daai ding baie ver weggooi. Keer op keer wat ek op FB gaan vries my pc! Strip ek my toe vir die ding, ruk sommer die plug uit, en lè toe maar en luister na Fredi Nest se nuutse cd. Daar is baie mooi songs op, ek geniet die man se musiek vreeslik baie.
Daardie huis was gisteraand so stil, ek het die kinders dadelik gemis, want gewoonlik sit ons eers ‘n rukkie en twak praat as ek van die werk afkom. Geen doef doef musiek uit hulle kamers nie, geen harde tv’s wat blèr vir die hele Pretoria nie, Jaco kan om te dood toe nie, sag TV kyk nie, die ding MOET skreeeeeu!
Het maar sleg gedux, was te warm gewees, het seker laasweek Donderdagaand laas goed gedux, het naderhand opgestaan en in die tv kamer in die donker gaan sit, sommer net gesit, as ek gedink het, kan ek dit nie onthou nie.
Die ou wat die Uno aan ons verkoop het, is nou besig om daardie kar van A-Z vir ons reg te maak, dit kos hom al ‘n klein fortuin! Uno staan al sedert Maandag by die mense. Hopenlik kom die kar die keer reg daar uit, sonder enige foute!
Dit is nog so vroeg en klaar al so warm. Ek was al 6.15 op kantoor. Die verkeer is nogal stil as dit vakansie is, dan kom mens vinnig hier in die stad, maar ai toggie in die middae staan hierdie vervlakste DF Malan omtrent stil! Trokke, busse en taxi’s en o wee dit is net die Taxi drywers en hulle passasiers wat laat is ……. laat ek maar my mond dig toe hou!
Geniet hierdie dag. As ek die storie so kyk gaan ons nie baie besig wees vandag nie, so ek dink ek gaan sommer al net nou “verdwyn”!
Filed under: Uncategorized
Môre Meermin
Lekker dag vir jou. Ek hoop daai kar kom nou reg.
Oor taxi’s wil ek nie praat nie en warm weer
nee girl dit reën dat die biesies bewe hier in die Kaap.
Nou wat is jou storie Wondernet stuur seblief vir ons reèn dat die hitte so bietjie kan breek!
Lekker dag vir jou!
More, Meermin!
Ek het net so gevoel jou dag gaan beter wees vandag… You hang in there, Tiger!
Ek het op BP ‘n versoek by een van die post opgesit.
Jy weet nie hoe gatvol ons al vir die reën is nie. Julle kan maar dit nou kry met die grootste liefde.
Wondernet, wanneer kan ek en Meermin die reen kom haal? Dit is vreeslik droog hier by ons.
Ek wens ook dit wil net reen… die strate le al pers van die jakaranda’s en dit het nog nie gereen nie…
Ek hoop jy het nou-al ‘verdwyn’! Gaan hardloop deur die sproeiers of doen sommer ‘n mal ding! Lekker dag verder!
Ai. Wat ek nie sal gee vir ‘n bietjie hitte nie. Dit vries in die Kaap. Nogsteeds!
Stuur maar gerus die reên Gauteng toe. Tys dat die grond ordenklik nat word en die lug bietjie skoon kom.
Dit lyk tog so bietjie bewolk sien ek!!
Moet nie dat hy jou dag omkrap nie … dit is nie die moeite werd nie.
Geniet jou dag!
Suz Gister of eergister sê ou Riaan (Haasdas) op die nuus dat dit die natste winter in 50 jaar in die Kaap is. En glo my ek is 40 en het nog nie so baie en aanhoudende reën gesien nie. Ek het immers hier groot geword en ken van die sewe dae reën. Maar ons het nou al 14 dae reën ook gehad. En dis koud. Selfs sneeu bo-op Tafelberg. Die berge rond Ceres en daai plekke het dan nou nog sneeu op. As dit weer eendag ooptrek klim ek op my huis se dak (belowe om versigtig te wees) en neem vir julle fotos van die berge.
Ek wonder hoekom is Kaapse weer en Transvaalse weer altyd so uit fase uit… G’n wonder dat Transvalers en Kapenaars gewoonlik sommer haaks raak met mekaar nie
lol!!!
Nico ek en Wondernet ken mekaar al ‘n rukkie hier op die blogs, en het darem nog nie haaks geraak met mekaar nie!!
Ons soek daardie foto’s Wondernet!!
Natse winter in 50 jaar – hoe kry jou vrou julle wasgoed alles droog? Julle dra dan seker nou nog wintersklere? Myne al lankal weggepak! ARME KINDERS HET HULLE OOK NOU VAKANSIE?
Meermin
Jy sal my nie glo as ek jou sê dat ek al deur twee tuimeldroërs is nie. Jy sal self eendag my vrou moet vra. Maar tuimeldroog as jy drie dogters het waarvan een 15 en die tweeling 11 is. Jy was en droog elke dag.
En ja hulle het nou skool vakansie en irreteer die sewe soorte bollie uit mekaar. Moet maar vlamme doodslaan as ons saans by die huis kom.
Maak op oor die naweke. En die gimnastiek hou hulle ook besig.
OK die reën het nou my toestemming om na julle toe te trek.
Raai wat nou net oor my skouer kyk by die venster uit en dis oopgetrek. mmmmm
Miskien……………. wag ek wil dit nie vir ons spoil nie.
Stuur daai wolke en reèn. Ek sal jou glo met drie dogters in die huis al daai wasgoed! Gelukkig vir die gimnastiek nè! Sal jou vrou tog eendag moet vra hoe sy huis hou met jou en die meisiekinders!
Meermin Met baie geduld en liefde.
En ‘n ewige vrees wat sy by ons ingedwing het.
Grappie. Sy is dierbaar.
Ek moet sê my vrou het ‘n baie goeie man!
Dis darem nie onleefbaar warm by ons nie, maar die winde en die stof is besig om my gemoed te vertroebel. Ek dag dis veronderstel om in Augustus te waai… Ons kan beslis doen met bietjie reen!
Lekker dag as jy vroeg wegglip, en ja, gaan hol deur ‘n spreier!
Reen sal goed doen in NAboomspruit ook!! Dis net so warm hier ook LEKE VIR DIE MENSE INI KAAP!!!!
Meermin, stuur daai hitte asseblief!!!
Alta ek stuur die hitte vir jou!!
Geen hitte vir my nie asseblief!