Hoe lank gaan jy my nou nog aan ‘n lyntjie hou?
Kom ek verander die onderwerp wil nie oor die man gesels nie, dit laat net spore en meer seer!
Ek is nie baie happy waar ek tans parkeer nie, gister gaan vind ek uit by ons man wat met die parkerings werk, omdat daar so baie van ons met ons karre inkom het ons op meer as een plek hier in die stad vir parkerings, o.a Sammy Marks, Old Mutual en en en, gaan hoor toe of daar nie dalk iewers ‘n gat is vir my ou tjor nie, daar is ‘n waglys vertel dit oor!!
Ek het nie vandag veel om oor te chat nie, ek wou oor hartsake praat omdat ek gatvol is vir stil bly en opkrop, net nou moet ek weer lees ek moan, bitch, kerm en kla net!! My hart voel vanmôre so swaar, omdat ek gisteraand toe ek al ons pos en dinge uitsort gesien het hoeveel geld alweer die maand uit meneer se rekening verdwyn het, ‘n R1000 ‘n week!! Maar boeta laat ek nou net ‘n R5 spend dan spat die k@k alle kante toe! Al wat verskil is die diepte en die klank!
Mag julle almal ‘n heerlike wonderlike rustige dag hè!
Filed under: Uncategorized
As jy wil moan, bitch, kerm en kla. Dit help om daaroor te praat. Ek luister en is baie goed daarmeë. Jy ken my e-pos!!!!
@ wondernet, dalk eendag sal ek die moed bymekaar skraap en daaroor praat, op die oomblik wonder ek of ek moet …….. hy is die rede hoekom ek …………..!!
Hi ou Erica jy weet waar ek bly en ken my nommer jy is welkom om net in te val of te bel. Gedeelde sorge is altyd beter.
Sterkte vir jou en ek dink aan jou
@ Ina baie dankie jy is ‘n ware steun pilaar!! Geniet jou dag.
Moan maar ons is hier om te luister. Moenie so opkrop nie. Sterkte en lekker dag vir jou
Ek hoop jy voel sommer gou weer beter!
My Pa het altyd gesê hy het nooit aan skei gedink nie, maar hy het nagte lank lê en beplan aan die perfekte moord, vandag voel ek ook so.
@ RdK moenie idees vir my gee nie!!
Ek lees hartseer….. sterkte Meermin!!
@ WIPNEUS jy het geen idee nie!! Hoe my liggaam dit nog uithou weet ek nie!!
Jy is sterker as wat jy dink. Sit die voet neer☺
Skryf maar Merie, dis tog goed om te praat! Sterkte
Meermin jy moet sterk wees. gaan gooi ‘n ogie daar by my blog van vandag…. Hopelik gee dit jou so biekie moed.
Liefde
As ek eendag die moed het sal ek skryf!!
Hi, dis jou blog die! Jy kan kerm, kla, bitch en moan net soos jy wil, en net wanner jy wil! Opkrop gaat jou in elk geval net siek maak! Uit daarmee, tenoor wie ookal jy innie hande kan kry! Moenie jouself onderskat nie, ons is almal sterker as wat ons glo!
@ demoerin, baie dankie jy!
Ek hoop regtig dat jy sommer gou beter sal voel. Jy weet waar om my te kry as jy hulp nodig het.
Meermin jy moenie sleg voel as sy so bietjie af voel nie. Ek het gister so gevoel, as iemand net vir my skeef kyk dan het ek gehuil, en dit was gister my verjaarsdag en mens is mos veronderstel om happy op jou verjaarsdag te wees.
Gelukkig skyn die son weer vandag vir my en ek hoop dat die son sommer vinnig weer vir jou sal skyn!!!!
Suz baie geluk met jou verjaarsdag, mag daar sommer nog vele wees!! Jammer ek het vergeet!! Lekker aand!
Moenie sleg voel nie, ‘n verjaarsdag is maar net nog ‘n dag!!
(((((((((( M E E R M I N ))))))))))))))
“Because sometimes we all do something that, well, just don’t make no sense” – Forrest Gump.
Ek los nie baie kommentaar by jou nie, ek lees ook nie elke dag jou blog nie, maar ek dink elke dag aan jou.
Nico vreeslik dankie! Jou kiekie lyk so half en half bekend!