Desember het ons die mooiste seeuitsig denkbaar gehad vanduit ons woonstel – nou lyk dit so!!
Hier het ek en die kinders Desember vir ure gesit en nonsens praat! Sal dit beslis nie nou daar waag nie! (Wonder wat van die eendjie geword het wat daar gebly het?)
Kinders het graag van hierbo afgeduik in die lagoon in, as jy dit nou moet waag sal jy iewers anders uitspoel!
Bonita ek hoop regtig van harte julle is veilig!!
Filed under: Uncategorized
Sjoe sjoe sjoe .. dit lyk woes!
My sussie bly in Amanzimtoti en sy sê haar hele tuin is weggespoel! En nou gaan my jongste boonop Woensdag soontoe vlieg! Ek nip hierdie kant!
Paula as ek jy is stuur ek NIE my kind NIE! Die paaie is nie veilig nie. Die pad tussen Shelley Beach – Hibberdene, Margate en Uvongo lyk maar sleg! NEE NEE ek sou NIE my kind gestuur het NIE!!
Het vriende en familie daar. Dank vader hulle is nog veilig.
Sjoe, dit lyk scary!
Meermin, my moeder hulle is op Margate by my sus hulle se nuwe woonstel op die beachfront, het omtrent weggespoel daar. Gelukkig is die woonstel in Uvongo darem op die 3de vloer. Dis scary!
[...] 19, 2008 Posted by Zee in Sommer net. Tags: Margate, Uvongo, vloede trackback Ek lees nou nou by Meermin van die vloede by Uvongo en bel toe dadelik my mams wat op die oomblik pendel tussen Uvongo en [...]
Hallo Meermin,
Ek sien Zee vertel jou van ons dinge in Margate. Ons kyk uit op die see en die swells is nou baie hoer as vanoggend. Scary as mens op die grondvloer is. Die Uvongo Breeze woonstel is OK maar van die ouens se glasvensters is uit die kosyne uit gewaai. Ons het ook hier so ‘n wind gehad. Vir ‘n hele dag EN NAG het dit geklink of iemand met ‘n anglegrinder werk. Hoop jull is OK. Laat weet maar as ons kan help met iets.
@ A3, ‘n vriendin van my bly in Uvongo, en sy huur haar vakansie woonstelle uit – ek het haar probeer mail, maar sy het nog nie geantwoord nie!! Ek hoop regtig alles daar is okay!! Ander vriende van ons het ‘n vakansie woonstel in Margate self!
Was daar nie laasjaar ook sulke vloede en baie skade nie?
Sterkte! Ekke sit hoog en droog hier in Limpopo.
Sterkte vir almal wat vriende en familie het wat skade gekry het!
Uvongo is my favourite vakansie plek….sterkte ook van my vir almal wat vriende en familie daar het.
Dit lyk erg!!
Ja wat gaan aan met die weer? Staan vanoggend in Joburg op en alles is papnat!
Carlos ja tot even so paar druppels hier in PTA geval ook, seker so 1 mm!!