
Die skole sluit hierdie week, tweede termyn het sy alie gesien, Jaco maak al vandag klaar! Amper ‘n maand lank vakansie, kan nie onthou dat ons vakansies so lank was nie! Kyk maar net hoe lank het die kinders Nov\Des\Jan vakansie, 6 weke en langer! Die kinders het so baie planne, die een wil dit doen daai een wil dit doen, ek onthou ek het ook altyd gesit en plannetjies maak wat ek die vakansie gaan doen, jy is nog so besig om alles te doen dan is dit terug hok toe met jou! Vandag doen die kinders alles, en sit vir dae aaneen en niks doen nie!
Vanoggeng het ek nie so koud gekry toe ons by die huis ry nie, maar hel toe ons hier uitklim klap my tande so opmekaar ek moet die helfde net nou gaan soek, dit behoort seker nog hier iewers op die plein te lè!
Filed under: Uncategorized
En al wat jy op skool wil hê, is om nie meer op skool te wees nie. As hulle maar net weet hoe gelukkig hulle met al die vakansie is!
Die kinders besef nie om op skool te wees is die lekkerste tyd van jou lewe. As mens eers begin werk is al die drama’s op jou voorstoep.
Lekker dag vir jou
Ek gaan hou ook sommer vakansie.
Hoekom nie? Wie gaan my keer?
sit gister aand en gesels ek en elmarie dink die see roep ons weer. dit sal darem lekker wees. Geniet die res van jou dag
My jongste gaan volgende week Amanzimtoti toe. Ongelukkig het oudste nie vakansie nie en moet klas loop. Hy is nie baie gelukkig daarmee nie
Sowaar al weer sulke tyd? Vandat ek nie meer ‘n kind in die skool het nie, is ek nie vreeslik bewus van die tye nie.
DEMOERIN ja dit is so waar as jy in die skool is wil jy uit, maar o wee dan begin jou probleme eers! Dit is ‘n harde wèreld hier buite!
Ina ek stem dit is seker die lekkerste tyd van ‘n mens se lewe, en dit is op skool!
Adrie kan ek saam?
Neykie ek hoor ook die see roep, hy roep en roep en move en move, image jy het krappe onder jou gat gehad dan sou jy ook so gemove en gemove het!!
Paula shame jou arme oudste kind!! Dit is nie regverdig nie!!
DELLIE ja die tyd stap omtrent vinnig! Ek vat vanaand my baba’tjie vir haar tweede inspuiting!
Soms is n mens se lewe vol glasstukke,
Wat baie seer en diep sny,
Maar die Here skraap al die stukkies glas bymekaar
Herrangskik dit en maak die mooiste mosaiek daaruit.
Dis hoekom jy so mooi mens is,
Jy het toegelaat dat GOD jou skep,
Elke dag!
Geniet julle dag en dankie dat julle so spesiaal is!!
Suz dankie vir hierdie pragtige woorde – mail, ek moes dit net eenvoudig copy en paste!!
Ons kinders se skool sluit nou Vrydag vir die jaar. 3 Maande se tande kners vir my. LOL!
Die nuwe jaar begin September. Laaste jaar vir my baby.
3 maande? Sterkte Alta, sien SA het nog sy voordele, hulle straf nie dei ouers met moerse lang vakansies nie!
Nnnnneeeee w-w-w-wat hier bbbby onnns issit nnnie ssssso k-k-k-k-koud nnnnie
BB as ek so nou jou spelling kyk lyk dit of jy koud kry!!
Ek’s blond Meermin en dalk ‘n bietjie oud… maar koud?? NEVER!!!
Hey jy Nassap is klaar met eksamen en is nou al by die huis. en hier by die werk is dit ons jaar einde werk elke aand tot 6 as nie langer nie Vrydag aand was ek eers 10:30 hier uit en 9 uur Saterdag terug. Sal later weer kom loer
Lee maatjie dankie vir die inloer hoor! Moenie jouself so in ‘n koma in werk nie! LIEFDE GROETE VIR ALMAL!