Die Besembestuurder

‘n Ware storie daar vanuit Bethlehem, Vrystaat, se wêreld…

 

 Ek kom vanoggend so 07:15 by die werk, sluit my werkswinkel oop en dank God vir die werkswinkel, gesondheid en omdat ek sy vrede en vreugde  ervaar.

 

 Die eerste kliënt kom vinnig nader en klim uit sy motor met ‘n koppie Wimpy koffie in sy hand en kla dis nie meer die koffie van ouds nie. ‘n Ander persoon wat ek ken kom van die slaghuis af opgestap met ‘n pakkie  vleis en al kouende aan sy biltong grom-groet hy so asof dit ‘n stryd is  om te lewe.

 

 Ek besluit vandag wil ek luister en ek het goed geluister…

 

 Dit is nou 18:00, en ek wil jou vertel wat ek vandag gesien en ervaar het.

 

 Ouens met baie geld kla oor pryse wat te hoog is. Die biltong man sê daar is amper geen vleis op die rakke nie. Die ander ou kla oor ou brood  en ‘n ander oor ‘n koue hamburger wat hy wil vat en in Steers se manager  se dinges wil opdruk. My suster kla oor haar CD speler wat skoongemaak  moet word en dit kos R 80-00 wat sy nie kan betaal nie, want sy het nie  geld nie.

 

 Ek vertel jou kortliks wat ek vanoggend gesien en ervaar het. Die mense  kla en kla en ek wens hierdie klakouse met wie ek net vandag te doen  gehad het kon sien en ervaar wat ek vroegoggend gesien het – ek wonder  waaroor hulle dan sou kla. Terwyl die ou oor sy koue hamburger kla, vang  my oog ‘n ou kleurling  wat in die slaghuis se vullis sakke krap. Die ou  krap tussen die sakke en ek hou hom dop. Hy krap iets uit, ruik daaraan,  hap en sluk sonder om te kou.

 

 Ek stap nader na hom. Môre, groet ek. Wat is jou naam?

 My naam is Abraham my lanie, antwoord hy.

 

 Nou wat doen jy so vroeg hier tussen die ou vrot goed ou Abraham?

 Ek is honger my lanie.

 

 Maar ou Abraham, die goed is vrot.

 Ek weet my lanie, maar die Jere het nog nie vandag vir my afgegooi nie,  maskien Hy is kwaad vir my.

 

 Ou Abraham, hoekom vra jy nie vir geld as jy iets wil koop om te eet  nie?

 Ek het my lanie, maar daardie man, (en hy wys na die biltong eter,) hy  het my amper netnou gaslaan, hy sê ek moet voetsek.

 

 Hoe oud is jy Abraham?

 78 my lanie.

 

 Waar bly jy Abraham?

 Daar bo teen die berg. (Dis 8 km).

 En jou mense, ou Abraham?

 Net my vrou bly by my, mar sy bene kan nie meer werk nie nou kan sy nie  uit die huis nie.

 

 Kry jy oumens pension, Abraham?

 Nee my lanie, nog nie, maar Mandela sal nog plan maak, so ek wag maar  vir hom.

 

 Abraham se broek is nie meer ‘n broek nie – sy skoene het nie sole nie  en daar is iets aan sy lyf wat dalk lank terug ‘n hemp kon gewees het.

 Ek vra in my binneste ‘Here, wat nou?’ maar ek kry geen antwoord nie, ek  hoor niks.

 

 Ou Abraham, ek dink regtig nie die Here het van jou vergeet nie.

 Ja my lanie.

 

 Die ou oë is glasig en dof, sy kop hang al vooroor soos hy jare lank al  probeer om naby hom te sien. Die vullis wa trek in om die vullis te  verwyder, en die manne verskreeu ou Abraham.

 

 Waarnatoe gaan jy nou, ou Abraham?

 Ek gaan brood soek om huis toe te vat my lanie – ek het klaar ‘n  kannetjie vir die water.

 

 Ou Abraham het ‘n glimlag om sy geplooide mond.

 As my lanie wil kan ek ‘n besem bestuur en die plek mooi skoon vee vir  ‘n stukkie brood.

 

 Ek dink by myself: ‘Is dit nou U wat deur Abraham praat?’

 

 Ou Abraham, is jy seker jy het ‘n liksens om die besem te bestuur?

 Ja my lanie, my vrou het dit vir my gagee toe sy bene siek geword het.

 

 

 Dis goed so Abraham, die mense jaag jou oral maar vandag het die Here  jou ‘n groot werk gegee – jy is van vandag af die ‘general manager’ van  die besems; jy is die baas van die besems; hierdie besems gaan vir jou  koffie gee in die plek van water. ‘n Manager moet ook mooi skoon aantrek  en ‘n geldjie hê vir die ou vrou by die huis. Ek sien jy is ‘n man wat  ons nog baie in die toekoms kan leer oor die lewe, ou Abraham.

 

 Kan ek elke dag inkom my lanie?

 Ja Abraham, want Vrydae kry die besem managers ‘n lekker Wimpy ontbyt  en besem managers werk net van 8 – 11, want besem managers het tyd nodig  vir hulle siek vrouens.

 

 Is reg so my lanie, ek sien nou die Jere het ‘n ander plan gahad vadag  en ampor dink ek Hy het my en die ou vrou vageet. Jammer Jere omdat ou  Abraham nie reg vastaan het nie.

 

 Ek is die Here my God so dankbaar vir iemand wat nie oor biltong kla  nie, iemand wat nie oor leë rakke in die vleismark kla nie, iemand wat  oor koue hamburgers en koffie kla nie. Ek is my Vader so dankbaar dat Hy  ou Abraham nie vergeet het nie. Doen my, jouself en ander ‘n guns -  probeer net een dag niks kla nie, want ou Abraham was vandag vir my so  ‘n groot inspirasie. ‘n 78 jarige half blinde man met toiings aan sy lyf  wat nog steeds glimlag.

 

 En ek sê met trots – vandag het ek ‘n waardige, my beste ooit,  besembestuurder gekry!

 

 Die Here is vir ons so goed en as ek voel dit druk, kyk ek na my  besembestuurder en ek weet – ek het mos niks om oor te kla nie…

 

 

 May God give you…For every storm, a rainbow, For every tear, a smile,  For every care, a promise,  And a blessing in each trial. For every  problem life sends, A faithful friend to share,  For every sigh, a sweet song, And an answer for each prayer.

 

 Touch someone with your love.  Rather than focus upon the thorns of life,  smell the roses and count your blessings!

Hierdie pragtige e – pos vanoggend van ‘n vriendin ontvang van Kinross se wèreld!!

Wat is die toppunt van rassisme?
As die tuinjong weier om die Afrikanertjies  nat te gooi.

Non aan priester – ek bely ek dra nie panties nie.
Priester: jou sondes is vergewe, betaal R20 en doen 5 wawiele tot by
die altaar.

Boss to blonde secretary in interview:
What is the difference between a paperclip and a screw.
Secretary: I don’t know I’ve never been paperclipped.

Seun en pa sit in bad. Seun: Wat is daai?
Pa: dis husse.
Seun kom in die kombuis vra:
Ma wat eet ons?
Ma: Husse.
Seun:  sorry ek eet dit nie, dit groei te naby pa se poepol.


Kleinseun aan oupa op plaas: Wat doen daai bul oupa?
Oupa: Hy probeer oor die koei spring.
Seun: Bliksem oupa as sy tril nie vasgehaak het nie, was hy oor!

‘n Man stuur per ongeluk die onderste helfte van sy naakte foto aan sy
ouma.  Sy ouma skryf terug:
Verander jou haarstyl Boeta, dit laat jou neus baie
klein lyk!

 

5 Responses

  1. Abraham is werklik ‘n sonskynmens. Dit was baie mooi!

  2. Ja nig, so is die lewe. Ons kla met gebotterde wit brode onder die arm en kyk die lekker in die lewe mis. Ek het al ‘n paat jaar terug ‘n mail gelees van keuses. Jy het in die oggend as jy opstaan die keuse om te besluit gaan ek die dag geniet of gaan ek sulk. 99% van die kere kies ek geniet, maar soms ook sulk. En dan halfpad deur die dag kom ek opmense soos die af dan weet ek sulk is nie vir my nie. Dan besef ek daar is soveel om voor dankbaar te wees en om met ‘n dik bek rond te loop nie die moeite werd is nie. Hiers een groot cyber hug vir jou ((uuhmmm)).

  3. Jip, dit bly ‘n stunning story!! x

  4. Dit is so waar ek het ‘n CD van Leon Ferreira met die liedie “staan ons ooit stil by die mense in die straat” die woorde van daai liedjie laat my altyd huil.

    Jy moet ‘n fantastiese dag hê

  5. Ai dis so mooi!

Leave a Reply