Waarvoor gebruik jy jou tong? Om te proe? Om ander mense goed of sleg te sè? Om te bid?
Hoekom moet party mense hulle tonge gebruik om mekaar sleg te sè? Hoekom is daar mense wat met die tong slaan en seermaak?
Gebruik jy jou tong om te proe? Is die kos sout genoeg? Is die koffie soet genoeg?
Of gebruik jy jou tong om vir GOD te bid, om met HOM te praat? Goed te praat? Of sleg te praat?
Tong is nie iets mooi nie ek weet, maar met die tong kan jy net so seer maak as met ‘n vuishou, woorde wat gespreek is, dinge wat gesè is maak net so seer!
Mag jy vandag jou tong gebruik om vir GOD dankie te sè vir hierdie wonderlike dag. Nooi JESUS in in jou hart, plaas ‘n wag voor jou mond!
Lekker dag vir ieder en elk van julle wat die tyd maak om my blog te lees.
Filed under: Uncategorized
lekker dag vir jou ook Meermin. Altyd lekker om hier te kom lees.
Jy moet ook ‘n wonderlike dag hê.
Woorde kan dieper sny as ‘n mes, dis waar. Dis die maklikste wapen vir ons om op te neem. En die wonde wat so opgedoen word, neem die langste om te herstel.
Dankie vir hierdie ene, Meermin, ek sit vandag ‘n wag voor my mond.
Die probleem is nie my tong nie, maar my vingers. Ek het daarmee al baie meer skade aangerig.
Ek gebruik my tong vir alles wat jy hierbo genoem het Meermin, maar vandag gaan ek my tong vasbyt! hie hie Jy is reg mense dink nie voor hulle iets sê nie, veral as hulle kwaad word, ek het myself al baie in die verleentheid geplaas oor die een. In die nag kan ek dan nie slaap nie want my gewete pla my…. Soos jy ouer word leer jy om twee keer te dink voor jy daai tong gebruik om iemand te rasper, anders voel jy sleg oor jy ander seermaak en nog slegter van die min slaap. Lekker dag.
Ek dink ons almal het al ons tonge verkeerd gebruik, ons sè soms dinge wat ons nie bedoel nie! My tong wil ek vandag net gebruik om GOD te loof vir hierdie wonderlike dag, dat ek nog lewe, kan sien, kan ruik, kan proe, kan vat, kan loop!
Dankie vir jou mooi blog meermin. Ek comment nie altyd nie maar lees graag. Vandag s’n is voorwaar ‘n inspirasie en laat mens bieki nadink! Lekker daggie vir jou!
Meermin, dis altyd lekker om hier te lees al comment ek nie altyd nie!
Ja, vandag gaan ook ook dankie sê vir GOD oor wat ek alles het in my lewe, my man, kinders, mamma en sommer net alles! Dankie dat ons gesond is!
Dankie vir hierdie pragtig inskrywing wat jy vir ons vandag gegee het. Hoe baie mense is daar nie wat hulle tonge gebruik om ander mense seer te maak nie ipv om die tong te gebruik om ons Hemelse Vader te loof en prys.
Daar word elke oggend en aand gebid, maar hoeveel van ons praat werklik met die Here? Hoeveel van ons sal as ons ‘n mooi blom id veld sien, net daar staan en met die Here praat en sê dankie Here dit is ‘n mooi blom?
Lekker Dag verder
Dankie vir die stukkie waarheid. Lekker dag vir jou!
Meermin, ‘n mooi skrywe en stof tot nadenke. Mens leef so ‘n gejaagde lewe dat dié stukkie waarheid by jou kop uitwaai. Veral as jy in ‘n verkeersknoop sit of spartel om ‘n deadline te haal.
Wel gedaan!
So sien ek jou môreaand?
‘n BBP in my lewe het eendag gesê: “Houe hou op waar hulle tref, maar woorde gaan aan waar hulle val.”
Dink twee keer en dan nog ‘n keer voordat jy woorde sê wat jy nooit weer kan terugtrek nie.
Dood en Lewe lê in die mag van die tong. Kies Lewe
[...] 9. Hoekom het jy jou tong? [...]