Naweek was kort maar heel rustig.

Wat ‘n stil rustige naweek, die huis was so stil sonder die kinders, ek het maar Saterdagoggend vroeg die strate ingevaar, sommer net rondgery, in die winkels gekuier, en vir wie weet hoe lank in Zambesi straat gestaan, gevoel of ek nooit by Kollonade gaan uitkom nie!

Ek is amper te bang om ‘n inskrywing te maak net nou dink Sè Net ek kla, kak en kerm net! Die son skyn dit is Maandag, die naweek is iets van die verlede.

As God die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre in vuur gegooi word, so mooi maak, hoeveel te meer sal Hy julle versorg, julle kleingelowiges! Lukas 12:28

 

13 Responses

  1. Dis waar Meermin. That’s the spirit! Laat dit vir jou ‘n lekker week wees.

  2. Meermin

    V@k “sê net” hierdie is jou bladsy van jou binnekamer- elkeen het ‘n keuse of hulle hier wil lees of nie. Moenie jou aan dit steur nie.

    Lekker week
    N

  3. Hallo Erika (amper skryf ek Ertjies), jy weet hoekom

    Man as jy wil kla en kerm, go for it, dis hemels om van jou frustrasie ontslae te raak. Bly jy het bietjie shopping en “gatskuur” gedoen die naweek. Ek en Christopher was hiperaktief en het matte gewas, geskuif, springclean, selfs vir Crystal gebad.

    Nou is die Maanda g, back to normal en ek moet op my tong byt want om ‘n marmitevroutjie te leer is nie vir my nie. Veron is daar 100 keer beter as ek en ek haal my hoed af vir haar.

    Lekker werk en hoop jy het ‘n “gatskop” lekker dag vandag – ons is baie lief vir jou en die kinders
    Monica

  4. Monica baie dankie nee seblief nie Ertjies nie! Weet jy ek het Saterdag juis gaan rondry omdat ek ‘n SHARKS vlag soek, die blokkies ene, dink jy ek kan ene kry! Het regtig Saterdgoggend in die winkels geniet, het so op my eie tyd geloop. Toe maar ek gaan die einde van die maand as ons al daai baie vakansie dae het matte was! Het laat Saterdag middag my honde gedip, katte poeier gegooi! Ja nee ek het nul geduld as dit kom by marmite monstertjies train nie, nee dankie hou maar verby!!

    Dankie jy ek is net so lief vir julle almal. Liefde en groete vir almal by die huis.

  5. Hi

    Jy mag maar kla dit help om te “praat” al kan nie een van ons regtig help nie. Ek is bly jy het die naweek geniet. Ek sal hier in Midrand rond kyk hier is baie straat smouse. Sal jou laat weet as ek iets sien. My skoonsus se dogter werk vir Sportoria by loftus ek sal bietjie by haar ook hoor.

    Jy moet jou dag geniet en moenie dat enige een jou omkrap nie.

  6. Jy het soveel talent en geduld om so ‘n wonderlike blog te kan skep. Goed om te sien dat mense nog omgee vir mekaar en daar is die odd idiot wat jou wil afkraak maar gelukkig is hulle in die minderheid so ons sal maar bid vir hulle dat hulle ogies kan oopgaan.

    Veron is die geduldige een as dit by opleiding kom en ek admire haar deursettingsvermoe. Wens ek het net 50% daarvan gehad.

    Vrek besig hier vandag en vat net plek-plek grond. Lekker werk en chat later weer.

    MWAH

  7. Hi Meermin,
    Wat is nou lekkerder as winkels om jou naweek “spark” te gee…. “so much to see, so little time” hie hie
    Lekker week.

  8. Hallo,

    Klink altyd so lekker as mense praat hoe hulle ge”shop” het. EK HAAT SHOPPING!!. Ek het engtevrees en baie mense om my maak my so benoud ek hol baie vinnig weg!

    Ek het al voorheen op die onderwerp ge”comment”. Dit is jou blog waar jy kan doen wat jy wil!.

    Lekker dag, laat ek aan die werk kom.

  9. Hey j ek sit hier op my bed en beplan die dag se uitstapie. Geniet jou week. En hier kan jy doen en se net wat jy wil. LEE

  10. (((hugs)))

    Naweek was omtrent 10 maande te kort!!!!

  11. Lekker week vir jou Meermin!

  12. Meermin, go for it!!!! Wanneer laas het ek geshop sonder aanhangsels, wel voor ek aanhangsels gehad het. Lekker week vir jou!

  13. Dalk bring ek vir jou so ‘n Sharks vlag op Gauteng toe, ek din k ek weet waar is so een te koop en ek kom juis volgende week weer daar na julle wêreld toe. Sal vir jou boodskap hier kom los as ek een gekry het.

Leave a Reply