Wat is vir jou mooi in ‘n man?


Mens kry mos mense wat altyd sè kyk daai ou se sexy of mooi gat, wel ek kyk beslis nie na ‘n man se gat nie, wat vir my mooi is in ‘n man, sy hande, ek kyk altyd eerste na ‘n man se hande, dan, ‘n mooi mond, dimples (alhoewel ek myne haat), ‘n man met goeie maniere trek my dadelik.

Wat sit my af: ‘n Man wat die een vloek woord na die ander uiter, wat vir ‘n vrou fluit asof alle vrouens tewe is, ONS IS NIE HOOR!! Vuil harde hande en naels, jugg hoe gril ek. Vuil voete, ‘n moerse snor sit my af, ‘n jean wat wie weet waar sit, lyk of hy ‘n drol in sy broek het, not nice!!

Dan wil ek ook net weet hoekom dra hierdie jong tiener dogters nie maar eerder net hulle hipsters sonder daai “hollander’tjie” wat so MOET uitsteek, dit is nie mooi nie, trek dan eerder jou hipster aan, met jou pantie bo oor die hipster, minder moeite dan hoef julle nie so gereeld te buk sodat die mans julle garing draadjie hoef te bekyk nie. Sies man dit is nie mooi nie, so ook die jong seuns met hulle jeans en die moerse bokser wat opgetrek sit tot onder sy kennebak, nee aarde dit is nou morsig verby.

Net nou die ander dag loop ek so in Wonderpark rond, en vergaap my aan die mense en hulle klere drag, kyk maar om jou rond, die swart mense trek ver beter aan ons ons wittes. Kry die kinders nie skaam nie? My meisiekind het eendag gewaag uit haar kamer kom met eina klere aan, ek het haar terug gejaag kamer toe, ek wil nie saam so “iets” gesien word nie. Ek het ook hipster, ek dra ook die goed, maar darem nie so nie, ek het nog selfrespek oor.

Ek wag nou vir die tyd om te vlieg, ek wil hier in Pretoruis straat gaan staan, ek moet net, ek wil darem die BOKKE sien, hoop maar daai SHARKS gaan my raak sien, ek het nie verniet vanoggend my SHARKS hemp aangetrek nie. Die grap van die dag is: ek het my kamera vanoggend by die huis vergeet, hom dom kan een mens nou weees vra ek jou met trane in my navy blue eyes?

Geniet die res van die dag en die naweek. Ek gaan my bes probeer om myself af te gee hierdie naweek, ek moet net!!

4 Responses

  1. Om mee te begin ek hou meer van mans met donker hare en blas vel as ‘n man met ligte hare en ligte vel. En om als te kroon my man het ligte hare. Ek is mal oor Victor Matfield, The Rock en George Clooney is ook baie oulik.

    Lekker Naweek Vir Julle

  2. Ek kyk eerste vir ‘n man se boudjies…en dan sy hande. En jip, goeie maniere is bo aan die lys.

    Geniet jou naweek, vir wie skree jy in die Curriebeker finaal?

  3. Hey,

    geniet jou naweek. ek kyk heel eerste vir die die skouers, dan die boudjies, en die bene. Goeie maniere maak ook ‘n moerse verskil. Gisteraand verstom Wikus my toe ons Checkers toe gaan, hy neem al die goed uit my hande. aai tog lekker dag vir julle almal verder.

    N

  4. Ai man….. ek kyk eerste vir die looks en bruin hare, blas vel, en bruin oë is defnentief 100 en dan het julle nog nie my ou gesien nie hy lyk soos enriqe iglesias

Leave a Reply