Waks aan my ‘hoe haa’

Hierdie mag ‘n paar minute neem, maar jy gaan SO lekker lag!!!!

 

 

My aand was doodgewoon. By die huis gekom, kos gemaak, kinders gebad
en in die bed gesit en manlief voor die TV gelos om sy stoei in vrede
te kyk. Besluit toe dat ek die oorlog teen ongewenste hare nou moet
aanpak anders lyk ek soos ‘n bosbobejaan en kan ek nie die naweek swem
nie.

Gryp toe die boks “koue waks” en pluk hom oop. Hoe moeilik kan dit nou
wees? Geen waks wat eers gesmelt moet word nie, dis twee strokies met
waks in die middel – amper soos ‘n toebroodjie, wat jy dan warm vryf,
oop trek en teen jou liggaam plak. Daarna trek jy strokie vinnig af
(en skree natuurlik soos ‘n vlakvark) “no mess, no fuss”. Ek glo ek
verstaan die instruksies en dit is mos darem deur ‘n vrou uitgevind en
baaaiiiieee ander vrouens gebruik dit op ‘n daaglikse basis, so ek sal
dit sommer tjop tjop onder die knie kry.

Ek vryf die strokie tussen my hande, maar kan die ding nie warm genoeg
kry nie. Hoe nou gemaak? Kan hom nie in die toaster sit nie, dit sal
net marakkas maak en die haartang gaan nie lekker werk nie. Natuurlik!
Die haardroer! Blaas toe die waks tot ek voel hoe dit sag en speelbaar
raak. Dink toe sommer aan ander dinge wat ook sag en speelbaar is…
Raait, daar is my cold wax toe hot wax. Ek trek die een strokie af,
plak die slymerige storie op my been, knyp die een oog toe, byt op my
tande en tjjjjj trek hom af. Kon erger gewees het. Ek is trots op
myself dat ek so oulik is en sien sommer hoe glad my bene en die res
die naweek gaan wees. Manlief is juis so liefdevol as ek mooi glad is.
Ek het die prosedure nou mooi onder die knie en vorder fluks.

Nou kom die moeilike deel. Soos ons ouer word kry ons mos pakkasie. Ja
man, dis nou die spaarwiel om die heupe en maag, die paksak op die
boude en die res wat dril soos rofies in die army, jy verstaan? Maak
toe die spieel staan op die toilet, staan in my Eva’s gewaad voor die
spieel en lig my voet teen die bad sodat ek mooi kan sien en mooi kan
bykom. Plak die strokie van Paragwaai al die pad tot by Holland, al op
die bikini lyn (nie dat ek ooit dood in ‘n bikini gesien sal word
nie). Ek het besef dat hierdie deel van die operasie seer gaan wees en
het die waks nie so warm gemaak soos die ander nie. Ek wil tog nie in
die hospitaal beland met 3de graadse brandwonde aan my hoo-ha nie! Wat
sal die mense se en hoe kyk ek die dominee daarna in die oe. Ek staal
myself, vat die strokie styf vas en ruk.

Ek sien sterretjies en wonder of ek moet lag of huil. Hel, maar dis
seer! Kyk af en ja, sowaar, ek het die strokie net halfpad afgetrek.
Daar sit die res dan nog. Hou aan die wasbak vas en PLUK!!!! Ek doen
die hoender dans, die nou dieselfde arm geflap wat ons doen as ons
onder die arms geskeer het en ons spuit per abuis Mum 21 aan. Rooi in
die gesig en met my asem wat jaag bestudeer ek die waks strokie om te
sien of ek darem al die hare gekry het.

Groot is my skok. Die strokie is LEEG! Geen hare, geen waks! Nou waar
de hel is die waks! Ek buig vorentoe en lyk soos ‘n volstruis wat sy
kop in die sand wil steek, loer oor die spaarwiel en wraggies, daar
sit die hare steeds, dis nou die hare wat veronderstel is om op die
waks strokie te sit. Ek voel versigtig daaaaaaar onder en sug swaar,
want daar, op my mees privaatste plekkie, waar ek nie mooi kan bykom
nie, daar sit die waks. Sonder om te dink haal ek my voet van die bad
se kant af en stamp hom hard op die vloer terwyl ek vloek soos ‘n
matroos. Ek sluk halfpad deur my rympie amper my tong in toe my hoo-ha
en wangetjies mekaar omhels. Jip, daar staan ek toe, toegeplak van
Paragwaai al die pad tot in Holland en my hart klop in my groottone.
Hoe nou gemaak? Ek loop soos ‘n Pikkewyn op en af voor die wasbak
terwyl my maag draai en ek hard bid dat my maag nie nou ‘n illegal
occupant moet evict nie, want ander sal die kompressie waarlik my kop
laat bars. Dink Tess, dink! Ek kry ‘n blink plan, gryp die haardroer
en begin blaas. My oe traan van die blow
wave, maar heel laas, die waks wil niks weet van smelt nie. Miskien
moes ek langer uitgehou het, maar ‘n mens kan ook net soveel warm wind DAAR hanteer. Ok, wat volgende? Miskien warm water?

Ek probeer eers warm water met die stort kop (waarmee jy jou hare in
die bad was) op die waks spuit, maar dit werk nie lekker nie. Tap toe
maar die bad vol warm water en kry myself baie jammer omdat nie eers
die gevangenis op Robin Eiland so gemartel is nie. Wel, die enigste
ding erger as jou privates wat mekaar omhels, is jou privates
wat vas aan mekaar geplak is en dan nog aan die bodem van die bad
vassit terwyl jy so rooi soos ‘n kreef verkleur en jou brein vir jou bly
skree “STAAN OP, IDIOOT, STAAN OP, EK IS BESIG OM TE KOOK”. Ek leer toe op die harde manier dat warm water nie “koue waks” smelt nie. Back to square 1.

Ek loer om die badkamer deur (wil nie he manlief moet my so sien nie)
en waggel dan
kamer toe waar ek my selfoon gryp en terug badkamer toe waggel. Raait,
wie bel ek nou? My ma het in haar lewe nog nooit eers van waks gehoor
nie. Die dra dan steeds doekies, al is tampons al jare op die mark.
Anyway, wie? My skoonma! Natuurlik! Sy doen mos altyd hierdie weird en
wonderful goed en ken al die boererate onder die son. Skoonpa antwoord
en ek praat hom sommer dood. Ja, skoonma is daar en dan hoor ek haar
stem. Ek wil sommer huil van blydskap. Sy sal kan help. Ek hakkel so
effe, maar vertel haar van my dilema. Stilte….. steeds stilte. Ek
begin net wonder of my foon sein verloor het toe ek haar hoor lag. Sy
lag so dat sy nie met my kan praat nie.

Eers lag ek saam, dan raak ek vies. Sy hou op lag, maar ek kan aan
haar stem hoor dat sy nog nie klaar is nie. Wat se die boks? wil sy weet. Wat se die boks?
Seker nie dat jy dom genoeg moet wees om jouself weer in ‘n virgin te
verander nie. Skoon ontstoke gryp ek die boks terwyl skoonma weer aan die ander kant proes. Skoonma ek soen jou sommer. Daar, binne die boks is ‘n
botteltjie seep om die “ekstra waks” mee te verwyder. Ek wil sommer my eie gaai skop dat ek nie eerste in die boks gekyk het voordat ek skoonma gebel het nie,want nou gaan die hele familie weer die storie van Tess se toegeplakte hoo-ha hoor en sal ek seker nooit die einde daarvan hoor nie . Ek druk die foon dood met haar gelag in my ore, gryp die bottel en smeer liberaal van die “seep” aan.

My oe traan, my neus loop, my ore is toegeslaan en my hoo-ha is dood,
letterlik, geen gevoel nie, maar DIT WERK!!!

Ek laat nie op my wag nie en skrop asof my lewe daarvan afhang. Mind
you, my lewe hang daarvan af. My bene voel soos jellie, my hart klop asof
ek sopas ‘n maraton gehardloop het. Klaar, maar agge nee, die hare is steeds
daar…..

Flippen hel!!! Dis nou genoeg. Bogger dit. Ek gryp die skeermes en
skeer dat jy net hare sien waai. Hoop nie ek skeer myself raak nie, want op
hierdie stadium is my hoo-ha en omliggende dele so dood dat ek my eie been sal afsny sonder om dit te voel.

Wel, mense, nooit weer probeer ek waks nie en ek beveel julle sterk
aan om behoorlik daaroor te besin voor julle begin.

Nou wonder ek, sal ek volgende week probeer om sonstrepies in my hare
te sit?

I THINK NOT!

 

Hierdie e-pos van ‘n dierbare vriendin ontvang, ek weet eerlikwaar nie wie die skrywer van hierdie stukkie is nie, maar dit is skreeu snaaks!!

lag lekker toe!  lol ha ha ha

3de & 4de Junie

Eerstens juffrou’tjie baie baie geluk met jou 17de b’day môre,  om te dink jy sou eers die 23ste Augustus verjaar het, maar jy het besluit jy het genoeg gehad van wag …. vandag as ek so terug dink, was jy byna nie daar nie, elke keer wat die ginekoloog die swangerskap wou beindig het was jou hart kloppie te sterk! Jy is op 28 weke gebore, het 750 gram geweeg, jy was so bitter bitter klein!! Reg van die begin af n regte klein vegertjie jy het geveg om te bly leef, jy veg vir jou regte, jy veg vir wat jy weet reg is!! Jou broer kan soms hoe harde gat met jou wees, hy het jou net so lief soos ek!! Jy is enige ma se droom meisiekind, ‘n regte klein sonstraal, altyd behulpsaam, altyd daar as ek of jou boetie ‘n skouer soek om op te huil! Ons is weer daar vir jou!! Juffrou’tjie klein sonstraal baie geluk met jou verjaarsdag, en mag die HERE wat jou beskerm het toe jy so bitter klein was altyd in die holte van sy hand hou! Ek het jou baie lief juffrou’tjie.

 

rooi en baba dogtertjie

rooikappie

Vir Koos wat Donderdag verjaar, baie geluk met jou b’day, jy is antiek!!

Mag julle albei julle verjaarsdae geniet. Juffrou’tjie ek is trots op jou omdat jy so goed doen op skool, ek is trots daarop dat JY my kind is!! Jy is so ‘n dierbare wonderlike lieflike kind, dankie vir alles wat jy vir my al gedoen en beteken het. Liefde vir jou vir die dag my “baby” !!

hart in hart

hou baie hiervan

Goeie dag !!

cat

gchuak

katte

The Strength Of A Man

StrengthofaMan-zaifar1 (2)

Orangutan Hospitaal

 

EFG2415

image1

image2

image3

image4

image5

image6

image7

image8

image9

image10

Tog te ougat vir woorde!!

Tieneraksie

DRIE GOED WAT JY AS TIENER GRAAG WIL Hê, NIE WAAR NIE?
(Marijke van Tonder)

 

“Respek, vryheid en verantwoordelikheid, net daardie drie goed. Dit is al,” sê jy vir jou ouers, maar soos gewoonlik ‘moan’ hulle alweer oor ander goed en wel, wat help dit tog om enige iets te sê!!

 

Jy moet besef dat respek, vryheid en verantwoordelikheid nie net vanself kom nie, maar dat jy daarvoor moet werk! Jy moet ten minste vir jou ouers kan wys dat jy die verantwoordelikheid het om die vryheid nie te misbruik nie, en deur jou ouers te respekteer, sal hulle jou respekteer. 

 

Dit mag dalk vir jou voel asof jou ouers onredelik is, maar moenie in ‘n bondeltjie gaan lê en dink die wêreld is onregverdig nie, en natuurlik dat jy die gemeenste ouers ooit het nie. Nee, bewys hulle verkeerd! Dit is makliker as wat jy dink.

 

So jy en jou ouers praat nie regtig nie, en as julle wel praat, dan dryf hulle jou teen die mure uit, so jy bly maar in jou kamer waar jy veilig voel.  Dit gaan jou nie help om hulle vertroue te wen en vir jou meer vryheid te gee nie. 

 

Neem die eerste stap:  maak ‘n lysie van alles waaroor jou ouers kla.  Van jou kan nie ‘worry’-houding tot jou kamer wat altyd vuil is en begin om daardie goed reg te maak.  Hou jou kamer skoon, “check” praat met jou ouers sonder om ‘n houding te hê en te dink jy weet alles. “check” jy sal sien as jy ‘n stap neem en jou ouers sien jy probeer hard, sal hulle jou meer vertrou.  Gee en uit vertroue kom vryheid.

 

Jy moet ook onthou dat jy nog steeds onder jou ouers se dak bly, dus moet jy hulle reëls volg.  Glo my, partymaal (al kan jy dit nie nou insien nie) is daardie reëls nie so erg nie!
 
Wanneer jou ouers jou toelaat om iewers heen te gaan en jy moet op ‘n seker tyd terug wees, wees terug op tyd! Moenie jou ouers rede gee om jou nie te vertrou nie. Dit is half soos in ‘n besigheid. As jy hard werk, sal jou baas jou vertrou en as jy verantwoordelik is, sal jy ‘promote’ word.   So ook as jou ouers sien jy werk hard, begin meer verantwoordelik wees en hulle kan jou meer vertrou, sal hulle ook meer vryheid vir jou gee, wat beteken langer kuier saam met vriende, nie te vroeg by die huis hoef te wees nie en al daardie lekker dinge!

 

As daar niks is wat jou ouers oor kan ‘moan’ nie, sal hulle nie! So gaan jy die eerste stap neem?

 

Here, asseblief, gee my geduld, help my om te besef dat my ouers net die beste vir my wil hê in alles wat hulle doen.  Here help ook my ouers om my beter te kan verstaan en as ek die eerste stap neem, dit sal raaksien en my wil aanmoedig eerder as om my moedeloos te laat. Ek weet ek moet my ouers eer, asseblief help my om sodoende dit te doen.  Amen

 Hierdie e-pos van my sussie ontvang en besluit dit is so mooi en so waar omdat ek self sit met ‘n tiener dogter, het ek besluit om dit op my blog te sit!!

Die brein van ‘n man !!

ha ha ha

Man's brain1

Nog hier ….

Ek het nie verdwyn van die blog wèreld nie, ons is maar net erg besig hierdie kant! Vat skaars grond met tye!!

Varkie groet !

Ekke is hier om te bly! Sodra dinge hierdie kant rustiger gaan sal ek blogs lees, en probeer om meer as ‘n maand se blogs op te vang!

lag

Ons gesels weer later …  sal later op almal se blogs gaan inloer !!

Loer sit op 1

 

Water!!

water_1

Noord van die Berg Parra paartie

Ek en LEON nooi graag die Parras noord van die Magalies vir ‘n mini-parra paartie op Vrydag 15 Mei om 19:00 by die Castle Walk Inn in Pretoria-Noord. Dit is in die Madeliefie sentrum op die hoek van Daan de Wet Nelrylaan en Bokmakierie str in Pretoria-Noord/Dorandia…naby Gerrit Maritz Hoërskool.
 
Ander parras is meer as welkom ook maar julle gaan strafdoppe moet drink of vir ons ander koop…ek bedoel doppe. Ons moet min of meer getalle hê teen Woensdag so RSVP (sjoe eerste keer in my lewe wat ek kans kry om daai groot woord te gebruik !!) voor dan sodat ons plek kan bespreek. Die plek is lekker cozy en het seriously nice kos en atmosfeer.
 
Leon & Meermin